Iwan (argitektuur)

Verskeie iwans en geteëlde koepels van die 16de-eeuse Mir-i-Arab-madrassa in Boechara, Oesbekistan, wat in 'n Persiese styl gebou is.
Die Taj Mahal gebruik iwans vir ingange én versieringselemente.

'n Iwan (Persies: ایوان, eyvān, Arabies: إيوان, iwan)[1][2][3] is 'n reghoekige saal of ruimte, gewoonlik gewelf, met mure aan drie kante en een kant heeltemal oop. Die formele ingang tot die iwan word in Persies 'n pishtaq genoem: Dit is gewoonlik versier met kalligrafie, teëls en geometriese ontwerpe.[4][5]

Omdat die definisie speling toelaat, kan die vorms en eienskappe wissel wat betref grootte, materiaal of versiering. Iwans word meestal met Islamitiese argitektuur vereenselwig, hoewel dit 'n vroeë, Persiese oorsprong het. Dit was ten volle ontwikkel in Mesopotamië teen omstreeks die 3de eeu, tydens die Partiese tydperk van Persië.

  1. Wright (1992), p. 508
  2. Boas (2010), p. 366
  3. "Eyvan". azerdict.com (in Azerbeidjans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2019. Besoek op 5 Mei 2019.
  4. Dictionary of Islamic architecture: Pishtaq Geargiveer 29 Junie 2011 op Wayback Machine archnet.org.
  5. Pishtaq Britannica.com.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search